24.7 REAKSIE

Ons bied blitsige 24/7 Gewapende Reaksie asook 24/7 Tegniese Bystand


ALARMSISTEME

Ons installeer alarmstelsels en kliënte kry gratis SMS'e van alarms (op versoek).


SEKURITEITSKAMERAS

Ons installeer sekuriteitskameras vir besighede en privaat wonings. Skakel ons vir 'n kwotasie.


ELEKTRIESE OMHEINING

Ons installeer elektriese omheinings vir besighede en privaat wonings.


Welkom by Loskop Alarms

Loskop Alarms is 'n wel bekende privaat sekuriteitsmaatskappy geleë in Groblersdal, Limpopo. Vir meer as 20 jaar al bedien ons Loskop Vallei. Loskop Alarms is met trots by PSIRA geregistreer en lewer toegewyde diens! 

By Loskop Alarms is elke gemeenskapslid familie, en dra ons die belange van ons gemeenskap op ons harte, daarom kan ons met eer sê ons bied slegs die beste.

Ons het 'n sterk span van goed opgeleide tegnici wat enige en alle werk, hetsy of dit alarmstelsels, elektriese heinings, toegangsbeheer of kamera-sisteme is, effektief en aan die kliënt se vereistes kan installeer.

Ons beheerkamer is opgelei om vriendelik, flink en behulpsaam te wees aan alle klante. Elke beheerkameroperateur is opgelei om kalm te bly in enige situasie en die kliënt se belange op die hart te dra.

Die twee gewapende reaksie-spanne van Loskop Alarms, Marble Hall Reaksie en Groblersdal Reaksie is opgelei en bevoeg om alle situasies te hanteer. Ons kan met trots rapporteer ons reaksie-spanne is flink, op en wakker.

Ons visie vir meer as 20 jaar al is om elke kliënt se perseel te beveilig tot die beste van ons vermoë en om sodoende misdaad teen te stry.

Ons as 'n span, staan bankvas agter die bestuur en leiers van Loskop Alarms.

Ons verskaf:

  • SAIDSA Goedgekeurde Alarm Monitering
  • SAIDSA Goedgekeurde Alarm Installasies
  • SAIDSA Goedgekeurde Gewapende Reaksie

Meer Inligting

Alarmstelsels word gemonitor deur radio- en GPRS sender asook telefoonlyne om sein na die beheerkamer te verseker. Ons bedien die Loskop Vallei vir meer as 20 jaar en is SAIDSA goedgekeur.

Loskop Alarms is 'n trotse verskaffer van:

  • 24/7 monitering en gewapende reaksie
  • Alarm-installasies en herstelwerk
  • Elektriese heining-alarms en herstelwerk
  • Kamera-installasies en herstelwerk
  • Toegangsbeheer
  • Sonkrag installasies


 

Kontak Ons

* Vul asb al die vereiste velde in, dankie!